Welcome to the Zellie Collection
Zellies Products
“Every other pair of my Zellies seems to be more beautiful than the other…Love them all. Thank you” Jerrica Linden – 09-04-2018
“ In love! 100%” Stephanie Fourie – 20-02-2018
Thank you so,so much.I really appreciate your wonderful service. Have not experienced anything like this before!” Judy Weiss – 09-07-2019
“I have received my most beautiful Luah Boots today and completely over the heels in love with them.
A Collections made fore you
Testimonials
Eerstens wil ek baie dankie sê vir julle vriendelike en spoedige diens wat ek ontvang. Ek was 6 jaar oud toe ek in ‘n ernstige motorongeluk was. Dis nou 34 jaar terug. My nek was gebreek baie hoogop;C3 C4. Die dr. het aan my ouers gesê dat ek nooit weer sal kan loop nie. Ek is van my nek af verlam. Ek het ‘n tragie gekry om asem te kan haal en traksie in my skedel om als in plek te hou. Ek was vir vier maande in intensief en nog steeds verlam van my kop tot tone. Kon niks voel of beweeg nie. Toe my groot toon eendag beweeg, het die dr’s aan my ouers gesê hulle moet nie opgewonde raak nie. Dit is net spasma. Daar is geen hoop nie. Op daai stadium kon ek ook nie praat nie. Ek is toe geskuif na HF Verwoerd se spinale eenheid waar ek arbeidsterapie en fisio ontvang het. Hulle het my weer laat sit in ‘n rolstoel. Een naweek kon ek huis toe gaan en was alleen in my ouma – hulle se sitkamer waar ek self probeer opstaan het. Toe ek staan was dit so oorweldigend dat ek geskree het en my ouers het gedink ek het geval, maar toe hulle by die sitkamer inkom wys ek hulle wat ek kan doen. Daardie aand het my pa gesê ek moet probeer om ‘n tree te gee. Ek het geskuifel en geval maar nog steeds het ons nie opgegee nie. Elke aand probeer en my skuifeltreë getel. So het ek weer leer loop. Nou na 34 jaar het ek net my linker hand wat swak is en sukkel ek om te loop. Ek kry nie skoene met ‘n hak wat pas en nie uit my voete gly nie. Plat skoene werk glad nie en ek loop die skoene wat ek wel kry binne ‘n maand klaar omdat ek my voete sleep. Na ‘n lang gesoek en ‘n kans wat ek toe waag om op FB van Zellie se skoene vir my te koop, is ek baie in my skik. Die hak is net die regte hoogte, die sagtheid van die skoen om my voete en die feit dat hulle vasmaak en ek nie nodig het om te bekommer dat my voet gaan
vashaak en ek gaan val oor die los, plat skoene nie, is vir my ‘n verligting. Ek het sommer nou vir my nog bestel want as ek iets kry wat werk vir my moet ek maar meer as een paar koop want ek loop hulle in ‘n maand klaar.
Baie dankie Zellie dat julle weer vir my as gestremde vrou ‘n vooruitsig gegee het om ook mooi,gemaklike skoene te kan dra wat vroulik vertoon. Ek dra hulle elke dag werk toe en dis baie gemaklik.
Die Here seën julle met julle goeie produk, vriedelikheid en bedagsaamheid.
Vriendelike groete
Melani Breedt.